Klaas Koen was the first South African-born missionary of the Berlin Mission Society. From the perspective of the mission authorities, he was the perfect poster boy for their activities in this country. In the dominant thinking of the times, the fact that he was of Khoisan descent should have condemned him to a life of "wicked foolishness and... all sorts of heathen sins and disgraces". Instead, in the interpretation of the mission, having been reborn in Christ, he worked diligently for the mission and remained faithful even unto death. His life was celebrated in a tract and other texts produced by the society. Given the fact that the reports sent back to headquarters by missionaries in the field followed a rigid format, it is difficult to recover what Koen himself may have thought about his life and actions. This article examines Koen's life history and explores why the mission society treated him, wrote about him, and remembered him as they did. It also suggests some reasons why he may have made the choices that he did. It concludes with an examination of some aspects of his posthumous identity.
Klaas Koen was die eerste Suid-Afrikaans gebore sendeling van die Berlynse Sendinggemeenskap. Vanuit die perspektief van die sendingowerheid was hy 'n ideale advertensie vir hulle werksaamhede in die land. Volgens die heersende denke van die tyd sou sy Khoisan-afkoms hom moes verdoem het tot 'n lewe van "bose stompsinnigheid en... allerlei heidense sondes en skandes". Luidens die interpretasie van die Sendinggenootskap sou sy Christelike wedergeboorte egter tot gevolg gehad het dat hy nougeset vir die genootskap bly werk het en tot die dood toe getrou was. Hy is vereer in 'n traktaatjie sowel as ander tekste wat deur die genootskap uitgegee is. Aangesien die verslae wat deur die sendelinge in die veld aan hulle hoofkwartier gestuur is, streng aan 'n bepaalde formaat voldoen het, is dit moeilik om te agterhaal wat Koen moontlik self oor sy lewe en sy werksaamhede gedink het. Hierdie artikel ondersoek Koen se lewensgeskiedenis en die redes vir die wyse waarop die Sendinggenootskap hom behandel het, oor hom geskryf het, en hom herdenk het. Dit doen ook moontlike redes aan die hand vir die keuses wat hy gemaak het. Daar word afgesluit met 'n bespreking van bepaalde aspekte van sy nadoodse identitieit.