Much has now been written about the history of the African National Congress (ANC) over its hundred years, but surprisingly there is no survey of this literature. This article surveys some of this historiography before proceeding to discuss two major recently-published monographs, by Peter Limb on the early years of the ANC and by Susan Booysen on the eighteen years since it took office. Limb's book is characterised by its use of new sources to tell the detailed story of what the ANC did at the local level, and is a book that will long retain its importance. Booysen's book is equally detailed, but is not based on the same kind of source-material, and is therefore inevitably unable to see the ANC in recent years in the same kind of perspective. We will learn more about the ANC in its years in power from the memoirs of key figures becoming available, one of which, by the late Kader Asmal, inter alia recounts his experiences as Minister of Water Affairs and Forestry under Mandela and then as Minister of Education in the Mbeki cabinet.
Heelwat is nou al geskryf oor die geskiedenis van die African National Congress (ANC) in sy honderdjarige bestaan, maar verbasend genoeg bestaan daar geen oorsig van hierdie werk nie. Hierdie artikel verskaf 'n oorsig van sommige van hierdie historiografie waarna dit oorgaan na 'n bespreking van twee belangrike onlangs-verskene monografieë, een deur Peter Limb oor die vroeë jare van die ANC en die ander deur Susan Booysen oor die 18 jaar wat dit aan bewind is. Limb se boek word gekenmerk deur die gebruik van nuwe bronne om 'n gedetailleerde verhaal te vertel van wat die ANC op plaaslike vlak verrig het, en dit is 'n boek wat lank sy belangrikheid sal behou. Booysen se boek is ewe gedetailleerd, maar is nie gebaseer op dieselfde tipe bronmateriaal nie, en is daarom gevolglik nie in staat om die ANC van die onlangse verlede in dieselfde perspektief te sien nie. Ons sal meer leer oor die ANC se bewindsjare uit die memoirs van sleutelfigure wat beskikbaar word, waarvan een deur wyle Kader Asmal, wat onder andere vertel van sy wedervaringe as Minister van Watersake en Bosbou onder Mandela en toe as Minister van Opvoeding in die Mbeki-kabinet.